Wie’s Ons?

In ons Kerk is ons baie lief vir God!  Ons glo in God se radikale, passievolle en onvoorwaardelike liefde.  Ons glo dat Jesus regeer want Hy is God. God forseer Homself nie af op mense nie en ons gaan dit ook nie doen nie!  Ons wil jou egter uitnooi om deel te raak van die mees opwindende reis ooit…

Vir jare het kerke Jesus geprioritiseer as ‘n “kaartjie om die hel te ontglip”, of die “antwoord tot ‘n gemaklike lewe”!  In ons kerk is Jesus die Prioriteit!  Hy is ons lewe, ons obsessie, ons ambisie, ons alles.  Ons glo in die krag van die Heilige Gees, die teenwoordigheid van God en die Bonatuurlike.  Die Bybel is God se woord, dit is eg, lewendig en aktief werkend.

Mense wat nie êrens Kerk toe gaan nie, is nie die vyand nie.  Hulle is net mense wat die perfekte liefde nodig het wat net God kan gee.  Ons is dus nie gekwel oor waar jy vandaan gekom het nie, maar waarheen jy oppad is.

Elke mens het ‘n droom diep in sy hart wat deur God ontwerp is.  God het daardie droom daar gesit nie vir ons glorie nie maar vir Syne.  God het grootheid geplaas in elke mens, die wesie, die besigheidsman, die weduwee, die politikus, die uitgeworpene en die kind.  By His People Kerk wil ons nieen  sal ons nie neerkyk op enige iemand nie.  Ons is almal gebroke mense maar Hy is besig om ons te herstel.
Ons glo dat Jesus regtig geleef het, gesterf het en weer opgestaan het op die 3de dag en daarom kan ons nie en sal ons nie die Goeie Nuus afwater nie!

Vandag het jy gekies om jouself te plaas in ‘n veilige plek om ‘n potensiële gevaarlike boodskap te hoor!

Welkom by ons kerk!